Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:151-168 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

151. U, o יהוה, is naby en al U opdragte is waarheid.

152. Aangaande U getuienisse: ek het van ouds af geweet dat U hulle vir ewig gevestig het.

153. Oorweeg my verdrukking en bevry my, want ek vergeet nie U wet nie.

154. Oordeel my saak en bevry my; wek my op volgens U boodskap.

155. Verlossing is ver van die bose, want hulle soek nie U instellings nie.

156. Groot is U liefdevolle omgee, oיהוה, wek my op volgens U oordele.

157. My vervolgers en my vyande is baie, nogtans wyk ek nie af van U getuienisse nie.

158. Ek het die oortreders gesien en ek het geweet dat hulle nie U boodskap hou nie.

159. Oorweeg hoe ek U instruksies liefhet; wek my op, o יהוה, volgens U liefdevolle goedheid.

160. Die fondasie van U boodskap is waarheid en elkeen van U regverdige oordele duur vir ewig.

161. Prinse het my sonder rede vervolg, maar my verstand, wil en emosie staan in ontsag vir U boodskap.

162. Ek verheug my oor U boodskap, soos iemand wat baie buit vind.

163. Ek haat en verafsku onwaarheid, maar U wet het ek lief.

164. Sewe keer per dag loof ek U helder en duidelik as gevolg van U regverdige oordele.

165. Hulle wat U wet liefhet, het groot vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid en hulle sal geen swakheid hê nie.

166. O יהוה, ek het ’n versekerde verwagting vir U verlossing en het U opdragte uitgevoer.

167. My lewe het U getuienisse gehou en ek het hulle uitermate lief.

168. Ek het U opdragte en U getuienisse gehou, want al my doen en late is voor U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119