Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:149-162 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

149. Hoor my stem volgens U liefdevolle goedheid; o יהוה, wek my op volgens U oordele.

150. Hulle kom nader wat bose planne najaag, hulle is ver van U wet af.

151. U, o יהוה, is naby en al U opdragte is waarheid.

152. Aangaande U getuienisse: ek het van ouds af geweet dat U hulle vir ewig gevestig het.

153. Oorweeg my verdrukking en bevry my, want ek vergeet nie U wet nie.

154. Oordeel my saak en bevry my; wek my op volgens U boodskap.

155. Verlossing is ver van die bose, want hulle soek nie U instellings nie.

156. Groot is U liefdevolle omgee, oיהוה, wek my op volgens U oordele.

157. My vervolgers en my vyande is baie, nogtans wyk ek nie af van U getuienisse nie.

158. Ek het die oortreders gesien en ek het geweet dat hulle nie U boodskap hou nie.

159. Oorweeg hoe ek U instruksies liefhet; wek my op, o יהוה, volgens U liefdevolle goedheid.

160. Die fondasie van U boodskap is waarheid en elkeen van U regverdige oordele duur vir ewig.

161. Prinse het my sonder rede vervolg, maar my verstand, wil en emosie staan in ontsag vir U boodskap.

162. Ek verheug my oor U boodskap, soos iemand wat baie buit vind.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119