Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:133-142 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

133. Rig my voetstappe op U pad, laat die bose nie oor my heers nie.

134. Bevry my van die onderdrukking van mense sodat ek U instruksies kan hou.

135. Laat U gesig skyn oor U dienskneg en leer my U instellings.

136. Riviere van water hardloop by my oë af, want mense onderhou nie U wet nie.

137. U is regverdig, oיהוה en U oordele is reguit.

138. U het U getuienisse in onpartydige opregtheid en betroubaarheid beveel.

139. Ywer het my verteer omdat U vyande U boodskap vergeet het.

140. U boodskap is baie suiwer; daarom het U dienskneg dit lief.

141. Ek is klein en word verag, tog vergeet ek nie U instruksies nie.

142. U onpartydige opregtheid is vir ewig en U wet is waarheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119