Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 118:2-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Laat Yisra’el nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

3. Laat die huis van Aharon nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

4. Laat hulle wat יהוה respekvol vrees nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

5. Vanuit my benoudheid het ek uitgeroep tot יהוה; יהוה het my geantwoord en my bevry.Heb 13:6

6. יהוה is my Hulp, ek sal nie vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen?

7. יהוה is my Helper; daarom sal ek my begeertes sien oor hulle wat my haat.

8. Dit is beter om op יהוה te vertrou as om vertroue in mense te plaas.

9. Dit is beter om op יהוה te vertrou as om vertroue in prinse te plaas.

10. Al die nasies het my omring, maar in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה sal ek hulle vernietig.

11. Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel, maar in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה sal ek hulle vernietig.

12. Hulle het my omsingel soos perdebye, hulle is geblus soos die vuur van dorings, want in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה sal ek hulle vernietig.

13. Ek is aanhoudend afgedruk om my te laat val, maar יהוה het my gehelp.

14. Yah is my Sterkte en Musiek en Hy het my Verlossing geword.

15. ’n Klank van uitroepe van blydskap en verlossing is in die tente van die regverdiges; die regterhand van יהוה doen kragtige dade.

16. Die regterhand van יהוה het my opgelig; die regterhand van יהוה doen kragtige dade.

Lees volledige hoofstuk Psalms 118