Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 118:14-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Yah is my Sterkte en Musiek en Hy het my Verlossing geword.

15. ’n Klank van uitroepe van blydskap en verlossing is in die tente van die regverdiges; die regterhand van יהוה doen kragtige dade.

16. Die regterhand van יהוה het my opgelig; die regterhand van יהוה doen kragtige dade.

17. Ek sal nie sterf nie, maar lewe en die dade van יהוה verkondig.

18. יהוה het my hard gedissiplineer, maar Hy het my nie aan die dood oorgegee nie.

19. Maak vir my die poorte van onpartydige opregtheid oop; ek sal daardeur ingaan en my hande uitsteek en יהוה loof.

20. Hierdie is die poort van יהוה waardeur die regverdiges sal ingaan.

21. Ek sal U loof met uitgestrekte hande, want U het my gehoor en my Verlossing geword.Luk 20:17; Hand 4:11; Efe 2:20 het die Hoof Hoekklip geword.

Lees volledige hoofstuk Psalms 118