Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 118:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Steek uit die hande tot יהוה, want Hy is goed en Sy goedheid duur vir ewig!

2. Laat Yisra’el nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

3. Laat die huis van Aharon nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

4. Laat hulle wat יהוה respekvol vrees nou sê dat Sy goedheid vir ewig duur!

5. Vanuit my benoudheid het ek uitgeroep tot יהוה; יהוה het my geantwoord en my bevry.Heb 13:6

6. יהוה is my Hulp, ek sal nie vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen?

Lees volledige hoofstuk Psalms 118