Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 116:11-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Ék het in my dwaasheid gesê: “Alle mense is leuenaars.”

12. Wat sal ek aan יהוה bied vir al Sy voordele aan my?

13. Ek sal die beker van verlossing vat en die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aanroep.

14. Ek sal nou my geloftes aan יהוה betaal in die teenwoordigheid van die hele volk.

15. Die dood van Sy afgesonderdes is kosbaar in die oë van יהוה.

16. O יהוה, sekerlik is ek U dienskneg; ek is U dienskneg en die seun van U diensmaagd; U het my bande losgemaak.

17. Ek sal aan U die offer van danksegging bring en die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aanroep.

18. Ek sal nou my geloftes aan יהוה betaal in die teenwoordigheid van die hele volk,

19. in die howe van die huis van יהוה, binne-in jou, o Yerushalayim! Loof Yah helder en duidelik!Rom 15:11 Prys Hom hardop, al julle volke,

Lees volledige hoofstuk Psalms 116