Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 116:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het יהוה lief, want Hy hoor die stem van my smekinge.

2. Hy sal Sy oor na my toe draai op die dag wat ek uitroep na Hom.

3. Die spasmas van die dood het my omring en die pyne van Sh’ol het my gevind; ek het moeilikheid en smarte gevind.

4. Toe het ek die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep: “O, יהוה, red my lewe.”

5. יהוה wys onverdiende guns en is regverdig, ons God gee om.

6. יהוה bewaar die eenvoudiges; Hy het my nederig gemaak en my gered.

7. Keer terug na jou rus, o my lewe, want יהוה het jou goed behandel,

8. want Hy het my lewe gered uit die dood en my voete van val.

9. Ek sal vir U aanvaarbaar wees, o יהוה, in die lande van die lewendes.2 Kor 4:13 ek is uitermate nederig gemaak.

10. Ek het vertrou; daarom het ek gepraat,

11. Ék het in my dwaasheid gesê: “Alle mense is leuenaars.”

12. Wat sal ek aan יהוה bied vir al Sy voordele aan my?

Lees volledige hoofstuk Psalms 116