Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 114:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Yisra’el uit Mitzrayim uitgegaan het, die huis van Ya’akov vanuit ’n volk met ’n vreemde taal,

2. was Y’hudah Sy afgesonderde en Yisra’el Sy heerskappy.

3. Die see het dit gesien en gevlug; die Yarden is teruggedryf.

4. Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers van die trop.

5. Wat pla jou, o see, dat jy vlug; o Yarden, dat jy teruggedryf word,

6. julle berge, dat julle rondspring soos ramme en julle, heuwels, soos lammers van die trop?

7. Bewe, aarde, in die Teenwoordigheid van יהוה, in die Teenwoordigheid van die God van Ya’akov,

8. wat die rots verander het in ’n poel van water, die harde klip in ’n waterfontein!

Lees volledige hoofstuk Psalms 114