Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 111:6-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hy het die krag van Sy dade aan Sy volk gewys dat Hy aan hulle die erfenis van die ander nasies kan gee.

7. Die werke van Sy hande is waarheid en regverdige oordeel en hulle duur voort vir ewig en ewig.

8. Al Sy opdragte is seker en word gedoen in waarheid en opregtheid.Luk 1:50

9. Hy het verlossing na Sy volk gestuur; Sy verbond sal altyd onthou word; Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is afgesonderd en respekvol gevrees.

10. Die respekvolle vrees van יהוה is die begin van wysheid; almal wat Sy opdragte uitvoer, het ’n goeie begrip. Sy lofprysing duur vir ewig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 111