Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 111:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Loof Yah helder en duidelik! Ek wil יהוה loof en prys met uitgestrekte hande vanuit my hele verstand, wil en emosie, in die vergadering van die opregtes en in die byeenkoms.

2. Die dade van יהוה is groot; raakgesien deur almal wat ’n plesier daarin het.

3. Sy dade is majestueus en wonderlik en Sy onpartydige opregtheid duur voort vir ewig.Ya’a 5:11

4. Hy het Sy wonderdade laat onthou; יהוה is vol onverdiende guns en omgee.

5. Hy het kos gegee aan die wat Hom respekvol vrees; Hy sal altyd Sy verbond in gedagte hou.

6. Hy het die krag van Sy dade aan Sy volk gewys dat Hy aan hulle die erfenis van die ander nasies kan gee.

7. Die werke van Sy hande is waarheid en regverdige oordeel en hulle duur voort vir ewig en ewig.

8. Al Sy opdragte is seker en word gedoen in waarheid en opregtheid.Luk 1:50

9. Hy het verlossing na Sy volk gestuur; Sy verbond sal altyd onthou word; Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is afgesonderd en respekvol gevrees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 111