Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 110:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה het met my Meester gepraat: “Sit aan My regterhand totdat Ek U vyande U voetstoel maak.”

2. יהוה sal die Septer van Sy krag vanuit Tziyon stuur en Hy sal heers oor U vyande.

3. U volk sal spontaan gewillig wees op die dag van U mag; vanaf die baarmoeder het Ek U voortgebring in die skoonheid van U afgesonderdheid, as ’n Kind vanaf alle eeue.Z’kh 6:13; Heb 5:6; Heb 6:20; Heb 7:17,21,28

4. יהוה het gesweer en sal nie lieg nie: “U is ’n nie-Levitiese Priester vir ewig volgens die voorbeeld van Malki-Tzedek.”

5. יהוה aan jou regterhand sal die konings oorwin op die dag van Sy woede.

Lees volledige hoofstuk Psalms 110