Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 11:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; van Dawid. In יהוה plaas ek my vertroue. Hoe kan julle vir my sê: “Vlug na die berge soos ’n voël?”

2. Want let op, die wetsoortreder span die boog; hulle sit die pyl gereed op die snaar om in die donker te skiet na die opregtes van verstand, wil en emosie.

3. As hulle die fondamente vernietig het, wat kan die regverdige doen?

4. יהוה is in Sy afgesonderde tempel; die troon van יהוה is in die hemel; Sy oë let op, Sy ooglede ondersoek die seuns van die mens.

5. יהוה toets die regverdige en die wetsoortreder, maar Sy wese haat die een wat geweld liefhet.Open 14:10

6. Hy sal oor die wetsoortreder vangnette, vuur en swael laat reën en ’n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees,

7. want יהוה is regverdig; Hy het onpartydige opregtheid lief; die opregtes sal Sy Teenwoordigheid sien.

Lees volledige hoofstuk Psalms 11