Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:10-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Laat hulle kinders oral rondswerwe en bedel en laat hulle hul brood soek vanuit hul verlate plekke.

11. Laat die skuldeisers alles vat wat hulle het en laat vreemdelinge hulle swak maak.

12. Laat daar niemand wees wat goedheid na hulle toe uitsteek en ook niemand om hulle vaderlose kinders jammer te kry nie.

13. Laat hulle einde vernietiging wees en laat hulle naam uitgevee word in die volgende geslag.

14. Laat die oortredinge van hulle vaders onthou word en יהוה nie die sonde van hulle moeders uitwis nie.

15. Laat dit altyddeur voor יהוה wees dat Hy hulle gedagtenis vanaf die aarde kan afsny

16. omdat hulle nie onthou het om onverdiende guns te bewys nie, maar die arme en behoeftige vervolg het en hom wie se binneste tot die dood toe vol smart was.

17. Soos wat hulle lief is om vloeke uit te spreek, laat dit so oor hulle kom en soos hulle geen seën uitgespreek het nie, laat dit ver van hulle af wegbly.

18. Hulle het hulself geklee met vloeke soos wapenrusting, dit het hulle binnegedring soos water en soos olie in hulle gebeentes.

19. Laat dit vir hulle wees soos ’n kleed wat hulle bedek en soos ’n gordel waarmee hulle gereeld omgebind word.

20. Hierdie is die dade van die teëstanders van יהוה en van hulle wat boosheid praat teen my,

21. maar U, יהוה, my Meester, doen goed aan my om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil omdat U liefdevolle omgee goed is, bevry U my,

22. want ek is arm en behoeftig en my verstand, wil en emosie is gewond in my.

23. Ek buig neer soos die skaduwee wanneer dit uitrek; ek word rondgegooi soos die sprinkaan.

24. My knieë is swak deur te vas en my vlees teer weg.

25. Ek het vir hulle veragtelik geword; wanneer hulle na my kyk, skud hulle hul kop.

26. Help my, יהוה my God! Verlos my volgens U goedheid

Lees volledige hoofstuk Psalms 109