Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 109:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. O God van my lofprysing, moenie stilbly nie,

2. want die mond van die bose en die mond van die bedrieër is oop teen my.

3. Hulle het teen my gepraat met ’n leuenagtige tong en ’n stem vol haat en hulle het sonder oorsaak teen my baklei.

4. Vir my liefde verag hulle my, maar ek het vir hulle gebid

5. en hulle het my goedheid met kwaad vergeld en my liefde met haat.

6. Beveel U wraak teen hulle en laat die teëstander aan hulle regterhand staan.

7. Wanneer hulle geoordeel word, laat hulle veroordeel word en laat hulle gebede sonde word.Hand 1:20

8. Laat hulle dae min wees en laat ’n ander hul ampte oorneem.

9. Laat hulle kinders vaderloos word en hulle vroue weduwees.

10. Laat hulle kinders oral rondswerwe en bedel en laat hulle hul brood soek vanuit hul verlate plekke.

11. Laat die skuldeisers alles vat wat hulle het en laat vreemdelinge hulle swak maak.

12. Laat daar niemand wees wat goedheid na hulle toe uitsteek en ook niemand om hulle vaderlose kinders jammer te kry nie.

13. Laat hulle einde vernietiging wees en laat hulle naam uitgevee word in die volgende geslag.

14. Laat die oortredinge van hulle vaders onthou word en יהוה nie die sonde van hulle moeders uitwis nie.

15. Laat dit altyddeur voor יהוה wees dat Hy hulle gedagtenis vanaf die aarde kan afsny

16. omdat hulle nie onthou het om onverdiende guns te bewys nie, maar die arme en behoeftige vervolg het en hom wie se binneste tot die dood toe vol smart was.

Lees volledige hoofstuk Psalms 109