Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 108:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Wees U opgelig, o God, bo die hemele en U grootheid bo die hele aarde

6. dat dié vir wie U lief is, bevry kan word! Red my met U regterhand en antwoord my!

7. God het gepraat in Sy Afgesonderdheid: “Ek sal spring van vreugde, Ek sal Sh’khem verdeel en die vallei van Sukkot afmeet.

8. Gil’ad is Myne, M’nasheh is Myne, Efrayim is die krag van My kop, Y’hudah is My koning.

9. Moav is My waskom, Edom sal My skoen losmaak, oor P’leshet sal Ek uitroep van vreugde.”

10. Wie sal my bring tot in die versterkte stad? Wie sal my lei tot in Edom?

11. Sal U nie, o God wat ons weggegooi het, sal U nie, o God, saam met ons menigtes uitgaan nie?

12. Gee vir ons krag teen ons vyande, want nutteloos is die hulp van die mens.

13. Deur God sal ons kragtig optree, want dit is Hy wat ons vyande sal vertrap.

Lees volledige hoofstuk Psalms 108