Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 105:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy is יהוה,ons God; Sy oordele is oor die hele aarde.

8. Hy het Sy verbond vir ewig onthou, die woord wat Hy beveel het vir ’n duisend geslagte,Rom 9:7

9. want Hy het Sy verbond met Avraham gesluit en Sy ede met Yitz’gak

10. en dieselfde aan Ya’akov as ’n wet bevestig en aan Yisra’el as ’n ewige verbond,Gen 13:15; Gen 15:18; Hand 7:5

11. met die woorde: “Aan jou sal Ek die land Kena’an gee, die aangewese deel van jou erfenis,”

12. toe hulle maar ’n paar mense in getal was, ja, baie min en vreemdelinge daarin.

13. Toe hulle getrek het van een nasie tot ’n ander, van een koninkryk na ’n ander volk,

Lees volledige hoofstuk Psalms 105