Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 105:33-45 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Hy het ook hulle wingerdstokke en hulle vyebome stukkend geslaan en die bome in hulle grondgebied gebreek.

34. Hy het gepraat en die sprinkane en ruspes het sonder getal deur hulle land gekom

35. en hulle het al die kruie en vrugte van hulle lande verteer.

36. Hy het ook al die eersgeborenes van Mitzrayim neergeslaan, die eersgeborenes van al hulle seuns.

37. Hy het hulle ook uitgebring met silwer en goud en daar was nie een swak persoon in hulle stamme nie.

38. Mitzrayim was bly toe hulle vertrek het, want vrees vir hulle het op hulle geval.

39. Hy het ’n wolk uitgesprei om aan hulle skadu te gee en vuur om in die nag vir hulle lig te gee.Eks 16:4,15; Num 11:7,8; Yog 6:32

40. Die mense het gevra en Hy het kwartels gebring en hulle versadig met brood uit die hemel.

41. Hy het die rots oopgemaak, die water het uitgestroom en water het in die droë land gevloei,

42. want Hy het Sy afgesonderde belofte onthou wat Hy aan Avraham, Sy dienskneg, gemaak het

43. en Sy volk met vreugde uitgelei en Sy jongmanne met uitroepe van blydskap.

44. Hy het aan hulle die lande van die ander nasies gegee en hulle het die arbeid van die volke geërf

45. sodat hulle Sy instellings kan nakom en Sy wette onderhou. Loof Yah alleen!

Lees volledige hoofstuk Psalms 105