Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 105:22-42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. om die administrateurs te dissiplineer volgens sy wil en aan die oudstes wysheid te leer.

23. Yisra’el het ook na Mitzrayim gekom en Ya’akov het as gas gebly in die land van Gam.

24. Hy het Sy volk baie vermeerder en hulle sterker gemaak as hulle vyande.

25. Hy het hulle verstand, wil en emosie verander, om Sy volk te haat, om vals teen Sy diensknegte te handel.

26. Hy het Moshe, Sy dienskneg, gestuur en Aharon wat Hy gekies het.

27. Hulle het Sy tekens en wonderwerke tussen hulle gewys in die land van Gam.

28. Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak en tog het hulle teen Sy woorde gerebelleer.

29. Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse doodgeslaan.

30. Hulle land het gewemel van paddas, selfs in die binnekamers van hulle konings.

31. Hy het gepraat en daar het verskillende vlieë gekom en luise in hulle hele grondgebied.

32. Hy het hulle reëns in hael verander en vlammende vuur in hulle land gebring.

33. Hy het ook hulle wingerdstokke en hulle vyebome stukkend geslaan en die bome in hulle grondgebied gebreek.

34. Hy het gepraat en die sprinkane en ruspes het sonder getal deur hulle land gekom

35. en hulle het al die kruie en vrugte van hulle lande verteer.

36. Hy het ook al die eersgeborenes van Mitzrayim neergeslaan, die eersgeborenes van al hulle seuns.

37. Hy het hulle ook uitgebring met silwer en goud en daar was nie een swak persoon in hulle stamme nie.

38. Mitzrayim was bly toe hulle vertrek het, want vrees vir hulle het op hulle geval.

39. Hy het ’n wolk uitgesprei om aan hulle skadu te gee en vuur om in die nag vir hulle lig te gee.Eks 16:4,15; Num 11:7,8; Yog 6:32

40. Die mense het gevra en Hy het kwartels gebring en hulle versadig met brood uit die hemel.

41. Hy het die rots oopgemaak, die water het uitgestroom en water het in die droë land gevloei,

42. want Hy het Sy afgesonderde belofte onthou wat Hy aan Avraham, Sy dienskneg, gemaak het

Lees volledige hoofstuk Psalms 105