Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:7-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Deur U bestraffing het hulle gevlug, met die stem van U donderslag het hulle hul skielik weggehaas.

8. Die berge het opgerys, valleie het weggesak na die plek wat U vir hulle beplan het.Spr 8:29

9. U het ’n grens daargestel waaroor hulle nie mag gaan nie, om die aarde nie te bedek nie.

10. U het die fonteine uitgestuur na die valleie, wat tussen die heuwels deur loop.

11. Hulle gee water aan al die wilde diere van die veld; die wilde donkies les hulle dors.

12. By hulle het die voëls van die hemel hulle blyplek; van tussen die heuwels sing hulle.

13. Hy gee die berge water uit Sy boonste kamers; die aarde is tevrede met die vrug van U werke.Ps 105:35 dat hy kos uit die grond mag voortbring

14. Hy laat gras groei vir die beeste en kruie tot diens van die mens,

15. en wyn, wat die mens se binneste bly maak; olie, om sy gesig te laat blink en brood, wat die mens se binneste versterk.

16. Die bome van יהוה is vol sap, die seders van L’vanon wat Hy geplant het.

17. Daar maak die voëls hulle neste, wat die ooievaar betref, haar huis is in die sipresse.

18. Die hoë berge is ’n skuilplek vir die ibex en die rotse ’n skuilplek vir die dassies.

19. Hy het die maan aangestel vir die vasgestelde tye; die son ken sy ondergaan.

20. Hy het duisternis gemaak en dit is nag, waarin al die diere van die woud uitkruip.

21. Die jong leeus brul vir hulle prooi en verwag hulle kos vanaf God.

22. Die son kom op en hulle maak hulleself bymekaar en lê neer in hul slaapplekke.

Lees volledige hoofstuk Psalms 104