Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:4-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. wat van Sy boodskappers winde maak, Sy dienaars ’n brandende vuur,

5. wat die fondasies van die aarde gelê het sodat dit nooit verwyder kan word nie.

6. U het dit met die diep watermassa bedek soos met ’n kledingstuk; die waters het bo-oor die berge gestaan.

7. Deur U bestraffing het hulle gevlug, met die stem van U donderslag het hulle hul skielik weggehaas.

8. Die berge het opgerys, valleie het weggesak na die plek wat U vir hulle beplan het.Spr 8:29

9. U het ’n grens daargestel waaroor hulle nie mag gaan nie, om die aarde nie te bedek nie.

10. U het die fonteine uitgestuur na die valleie, wat tussen die heuwels deur loop.

11. Hulle gee water aan al die wilde diere van die veld; die wilde donkies les hulle dors.

12. By hulle het die voëls van die hemel hulle blyplek; van tussen die heuwels sing hulle.

13. Hy gee die berge water uit Sy boonste kamers; die aarde is tevrede met die vrug van U werke.Ps 105:35 dat hy kos uit die grond mag voortbring

14. Hy laat gras groei vir die beeste en kruie tot diens van die mens,

15. en wyn, wat die mens se binneste bly maak; olie, om sy gesig te laat blink en brood, wat die mens se binneste versterk.

16. Die bome van יהוה is vol sap, die seders van L’vanon wat Hy geplant het.

17. Daar maak die voëls hulle neste, wat die ooievaar betref, haar huis is in die sipresse.

Lees volledige hoofstuk Psalms 104