Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Loof en eer יהוה, o my lewe! יהוה my God, U is baie groot! U is aangetrek met eer en majesteit,

2. U bedek Uself met lig soos met ’n kledingstuk, U wat die hemel uitstrek soos ’n gordyn;

3. wat die balke van Sy kamers in die waters bou, wat van die wolke Sy strydwa maak, wat loop op die vlerke van die wind,Heb 1:7

4. wat van Sy boodskappers winde maak, Sy dienaars ’n brandende vuur,

5. wat die fondasies van die aarde gelê het sodat dit nooit verwyder kan word nie.

6. U het dit met die diep watermassa bedek soos met ’n kledingstuk; die waters het bo-oor die berge gestaan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 104