Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 103:16-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. want wanneer die wind daaroor gaan, is dit weg en sy plek word nie meer geken nie,

17. maar die liefdevolle omgee van יהוה is van ewigheid tot ewigheid vir hulle wat Hom respekvol vrees en Sy onpartydige opregtheid vir die kinders se kinders,Deut 7:9

18. vir die wat Sy verbond onderhou en vir hulle wat Sy opdragte onthou om hulle te doen.

19. יהוה het Sy troon in die hemele voorberei en Sy Koninkryk heers oor alles.

20. Loof en eer יהוה, julle, Sy boodskappers wat kragtig is, wat Sy opdragte uitvoer in gehoorsaamheid aan die stem van Sy woord!

21. Loof en eer יהוה, almal van julle, Sy leërmagte; julle dienaars van Hom wat doen wat Hom tevrede stel!

22. Loof en eer יהוה, al Sy werke, op al die plekke van Sy heerskappy! Loof en eer יהוה, o my lewe!

Lees volledige hoofstuk Psalms 103