Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 103:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Soos ’n vader omgee vir sy seuns, so gee יהוה om vir die wat Hom respekvol vrees,

14. want Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy onthou dat ons stof is.

15. Wat die mens betref, sy dae is soos gras; soos ’n blom van die veld, so bloei hy,

16. want wanneer die wind daaroor gaan, is dit weg en sy plek word nie meer geken nie,

17. maar die liefdevolle omgee van יהוה is van ewigheid tot ewigheid vir hulle wat Hom respekvol vrees en Sy onpartydige opregtheid vir die kinders se kinders,Deut 7:9

Lees volledige hoofstuk Psalms 103