Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 103:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hy het nie met ons gehandel volgens ons sondes nie en ons ook nie beloon volgens ons morele boosheid nie,

11. want soos die hemele hoog bo die aarde is, so groot is Sy goedheid teenoor dié wat Hom respekvol vrees.

12. So ver as wat die ooste is van die weste, so ver het Hy ons rebellie van ons af verwyder.

13. Soos ’n vader omgee vir sy seuns, so gee יהוה om vir die wat Hom respekvol vrees,

14. want Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy onthou dat ons stof is.

15. Wat die mens betref, sy dae is soos gras; soos ’n blom van die veld, so bloei hy,

Lees volledige hoofstuk Psalms 103