Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:24-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. O, my God, neem my nie weg in die middel van my dae nie; U jare is regdeur alle geslagte!Heb 1:10-12

25. Van ouds het U die aarde se fondasies gelê en die hemele is die werk van U hande.

26. Húlle sal tot niet gaan, maar U sal voortgaan; ja, hulle sal almal soos ’n kledingstuk verslyt; soos ’n rok sal hulle verdof,

27. maar U is dieselfde en U jare sal geen einde hê nie.

28. Die seuns van U diensknegte sal voortgaan en hulle nageslag sal voor U bevestig wees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 102