Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. maar U, o יהוה, sal voortduur vir ewig en U herinnering tot in alle geslagte.

13. Staan op en wys onverdiende guns aan Tziyon, want dit is tyd om aan haar onverdiende guns te wys,

14. want U knegte het plesier in haar klippe en vind guns in die stof daarvan.

15. So sal die ander nasies die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה respekvol vrees en al die konings van die aarde U Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

16. Wanneer יהוה Tziyon opbou, sal Hy in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid verskyn.

17. Hy sal die gebed van die onderdrukte in ag neem en nie hulle gebed verag nie.

18. Dit sal opgeskryf word vir die komende geslagte en die volk wat geskep sal word, sal יהוה suiwer, helder en duidelik loof,

19. want Hy het neergekyk vanaf die hoogte van Sy afgesonderde plek; vanaf die hemel het יהוה op die aarde gelet,

20. om die gekerm van die gevangenes te hoor, om die wat tot die dood bestem is, los te maak,

21. om die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה in Tziyon te verkondig en Sy lofprysing in Yerushalayim,Z’kh 14:16

22. wanneer die volke en die koninkryke saam vergader om יהוה te dien.

23. Hulle het my krag op die aarde verswak; my gewaarsku oor die kortheid van my dae.

Lees volledige hoofstuk Psalms 102