Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 101:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. ’n Valse verstand, wil en emosie moet weggaan van my af; ek sal geen boosheid ken nie.

5. Hy wat sy naaste vals beskuldig sal ek vernietig; ek sal nie eet saam met hom wat uit die hoogte kyk en trots van verstand, wil en emosie is nie.

6. My oë sal wees op die getroues in die land dat hulle saam met my kan bly; hy wat op ’n volmaakte manier leef sal my dien.

7. Hy wat bedrog pleeg, mag nie in my huis bly nie; hy wat leuens vertel, sal nie voor my oë bly nie.

8. In die vroeë oggend sal ek al die bose van die aarde stilmaak en ek sal al die werkers van onregverdigheid uit die stad van יהוה uit vernietig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 101