Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 100:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van lofprysing met uitgestrekte hande; met instrumentale musiek. Roep uit van vreugde voor יהוה, o hele aarde!

2. Dien יהוה met blydskap; kom voor Sy Teenwoordigheid met uitroepe van vreugde.

3. Weet dat Hy יהוה, ons God, is; dit is Hy wat ons gemaak het en nie onsself nie, ons is Sy volk en die skape van Sy weiveld.

4. Gaan Sy poorte in met lof en dank met uitgestrekte hande, in Sy howe in met lofprysing; wees dankbaar tot Hom en loof Sy Naam (Karakter en Outoriteit),

5. want יהוה is goed; Sy liefdevolle goedheid is vir ewig en Sy waarheid hou stand in alle geslagte.

Lees volledige hoofstuk Psalms 100