Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 10:4-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Die wetsoortreder, in sy hoogmoed, soek Hom nie en daar is geen god in al sy gedagtes nie.

5. Sy lewenswyses is altyd voorspoedig; U oordele is daar bo, buite sy sig; wat al sy teëstanders betref: hy verag hulle.

6. Hy sê vir homself: “Ek sal nie beweeg word nie; deur alle geslagte sal ek nie in teëspoed wees nie.”Rom 3:14 onder sy tong is streke en boosheid.Ya’a 3:8-9

7. Sy mond is vol vloeke, misleiding en onderdrukking;

8. Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer skelm vir die ongelukkige.

9. Hy wag in ’n skuilplek om die geteisterde te vang; hy vang die geteisterde wanneer hy hom in sy net intrek.

10. Hy sal verneder en omvergewerp word en in sy bene sal daar siekte en pyn wees.

11. Hy sê vir homself: “God het vergeet; Hy verberg Sy gesig; Hy sal dit nooit sien nie.”

12. Staan op, יהוה! O God, lig U hand op; vergeet nie die geteisterdes nie!

13. Waarom tart die wetsoortreder God? Hy het vir homself gesê: “U sal dit nie vergeld nie?”

14. U het dit gesien, want daar is bekommernis en toorn, want U het opgelet dat hy homself in U hand oorgegee het en die behoeftige gee hom oor aan U; U is die Helper van die vaderloses.

15. Breek die arm van die wetsoortreder en die kwaaddoener; soek deur sy boosheid en U sal niks vind nie!Yeg 20:38

16. יהוה is Koning vir ewig en ewig; nasies word vernietig vanuit Sy land.

17. יהוה, U het die begeerte van die nederiges gehoor; U sal hulle verstand, wil en emosie versterk, U oor sal luister

18. om die wees en onderdrukte regverdig te verdedig sodat die mens van die aarde nie langer verskrikking sal veroorsaak nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 10