Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 8:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wie is soos die wyse man en wie ken die interpretasie van dinge? Die wysheid van ’n mens verhelder sy gesig, maar hy wat skaamteloos is, sal gehaat word.

2. Gehoorsaam die koning se bevel en moenie haastig wees aangaande die eed aan God nie.

3. Moenie haastig wees in Sy Teenwoordigheid nie en moenie vasstaan op ’n bose saak nie, want Hy doen wat Sy plesier is.Rom 13:1-3

4. Dit wat die koning sê is wet en wie kan vir hom vra: “Wat doen u?”

5. Hy wat ’n opdrag uitvoer, sal geen boosheid ken nie en die verstand, wil en emosie van ’n wyse man onderskei beide tyd en oordeel,

6. want vir elke doel is daar tyd en oordeel, want die ongelukkigheid van die mens druk swaar op hom,

7. want daar is nie een wat weet wat was en wat hom kan vertel wat na hom sal wees nie.

8. Daar is geen mens met heerskappy oor die wind om die wind terug te hou nie en ook het hy nie mag oor die dag van die dood nie; daar is ook geen vrystelling van plig in die dag van die geveg nie; net so sal boosheid ook nie dié bevry wat aan dit oorgegee is nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 8