Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 6:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. daar is ’n man aan wie God rykdom, skatte en eer gegee het sodat hy niks kortkom vir sy lewe van alles wat hy begeer nie, tog stel God hom nie in staat om daarvan te eet nie, maar ’n vreemdeling eet dit. Dit is waardeloos en ’n bose siekte.

3. As ’n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy lewe is nie gevul met goeie dinge en hy ook nie ’n begrafnis het nie, dan sê ek dat ’n miskraam beter is as hy,

4. want hy kom in met waardeloosheid en gaan in duisternis in en sy naam sal in duisternis bedek wees.

5. Meer nog, hy het nie die son gesien of enige iets geken nie, tog het hierdie een meer rus as die ander;

6. ja, al lewe hy ook twee maal duisend jaar en het tog geen goeie gesien nie; gaan almal nie na een plek toe nie?

7. Al die harde werk van ’n man is vir sy mond en tog word sy honger nie bevredig nie.

8. Watter voordeel het die wyse man oor die dwaas. Weet die arm man hoe om deur die lewe te gaan?

9. Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die begeerte. Ook dit is waardeloos en ’n ergernis van die gees.

Lees volledige hoofstuk Prediker 6