Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 5:13-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Daar is ook ’n ander erge boosheid wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy eienaar gehou word tot sy eie nadeel

14. en daardie rykdom gaan verlore in ’n bose transaksie en wanneer hy ’n seun verwek, is daar niks in sy hand nie.

15. Soos hy uit sy moeder se baarmoeder uitgekom het, sal hy kaal na die aarde terugkeer om te gaan soos hy gekom het en sal niks van sy harde werk in sy hand saamdra nie

16. en ook dit is ’n erge boosheid, want net soos hy gekom het, so sal hy gaan en watter voordeel het hy wat hard gewerk het, vir wind?

17. Hy eet ook al sy dae in duisternis, in baie woede en toorn, in rou en in siekte.

18. Dit is wat ek, die prediker, gesien het: dit is goed en toepaslik vir een om te eet en te drink en die goeie van al sy harde werk, waarvoor hy al die dae van sy lewe, wat יהוה hom gee onder die son, werk, te geniet, want dit is sy deel.

19. יהוה het ook aan elke mens rykdom en skatte gegee en die vermoë om daarvan te eet, sy deel te vat en hom te verheug in sy harde werk; dit is die geskenk van God,

Lees volledige hoofstuk Prediker 5