Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het omgedraai en al die onderdrukkings gesien wat onder die son gedoen word en let op, die trane van die onderdruktes en hulle het geen trooster gehad om hulle te bevry uit die hand van hulle onderdrukker nie, met geen krag of hulp nie;

2. daarom het ek die dooies wat reeds gesterf het, geprys bo die lewendes wat nog lewe,

3. maar hy wat nog nie gebore is nie, is beter daaraan toe as albei van hulle, want hy het nie die bose werke gesien wat onder die son gedoen word nie.

4. Toe het ek gesien dat al die harde werk en dade suksesvol is omdat een meer ywerig is as sy buurman. Ook dit is waardeloos en ’n ergernis van gees.Spr 24:30-34

5. Die dwaas vou sy hande saam en ly honger.

6. Een handvol met rustigheid is beter as altwee hande vol met moeite en ergernis van gees.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4