Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar is ’n seisoen vir alles en ’n tyd vir elke begeerte onder die son:

2. ’n tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterf; ’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te ruk wat geplant is;

3. ’n tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak; ’n tyd om af te breek en ’n tyd om op te bou;

4. ’n tyd om te huil en ’n tyd om te lag; ’n tyd om te treur en ’n tyd om te dans;

5. ’n tyd om klippe weg te gooi en ’n tyd om klippe bymekaar te maak; ’n tyd om te omhels en ’n tyd om weg te bly van omhelsing;

6. ’n tyd om te verloor en ’n tyd om te soek; ’n tyd om vas te bind en ’n tyd om los te maak;

7. ’n tyd om te skeur en ’n tyd om aanmekaar te werk; ’n tyd om stil te bly en ’n tyd om te praat;

8. ’n tyd om lief te hê en ’n tyd om te haat; ’n tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.

9. Watter voordeel het die arbeider in sy harde werk?

10. Ek het die harde werk gesien wat God aan die mensekinders gegee het om daarmee besig te wees.

11. Hy het alles mooi gemaak in sy tyd; Hy het ook die wêreld vir die mens kosbaar gemaak sodat geen mens die werke wat God gedoen het, van begin tot einde, kan uitvind nie.

12. Ek weet dat daar niks goeds in wêreldse dinge is nie, maar dat die mens hom verbly en goed doen in die lewe

Lees volledige hoofstuk Prediker 3