Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 2:21-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Daar is ’n man wat met wysheid, kennis en bekwaamheid werk; tog los hy sy deel vir ’n man wat nie daarvoor gewerk het nie. Ook dit is waardeloos en ’n groot teëspoed,

22. want watter voordeel sal die mens hê van al sy harde werk en van die begeertes van sy binneste waarin hy onder die son hard gewerk het?

23. Want al sy dae is vol smarte en sy bemoeienis is verdriet; ja, selfs snags rus sy verstand, wil en emosie nie. Dit is ook waardeloos.

24. Daar is niks beter vir ’n man as dat hy sou eet en drink en sy lewe, die goeie van sy harde werk, geniet nie. Dit het ek ook gesien, dat dit kom uit die hand van God,

25. want wie kan eet en geniet sonder Hom?

26. Want vir ’n mens wat goed is in Sy Teenwoordigheid, gee God wysheid, kennis en vreugde, maar vir die sondaar gee hy harde werk om bymekaar te maak en te versamel, om ook dit te gee aan hom wat goed is in die Teenwoordigheid van God. Ook dit is waardeloos en ’n ergernis van gees.

Lees volledige hoofstuk Prediker 2