Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 12:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Waardeloos van waardeloosheid, sê die prediker, dit is alles waardeloos.

9. Meer nog: omdat die prediker wys was, het hy steeds die volk kennis geleer, ja, hy het goed aandag gegee en ondersoek en baie spreuke saamgestel.

10. Die prediker het gesoek om aanvaarbare woorde te vind en hy het die woorde van waarheid opreg geskryf.

11. Die woorde van die wyse manne is soos ’n os-prik en soos spykers wat diep ingeslaan is, wat deur ambagsmanne beplan is en deur een meesterbouer gegee is.

12. Verder, my seun, gee aandag; aan baie boeke skryf, is daar geen einde nie en baie studie is uitputtend vir die vlees.

13. Laat ons die bevinding van die hele saak hoor: “Vrees God respekvol en doen Sy opdragte, wat gegee is deur Een Meester aan elke mens,

14. want God sal elke daad tot oordeel bring, aangaande alles wat weggesteek en bekend is, of dit goed is of boos.”

Lees volledige hoofstuk Prediker 12