Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 12:6-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Onthou Hom voordat die silwerdraad afgesny word en die goue bak gebreek word en die kruik by die fontein gebreek word of die wiel by die put gebreek word,

7. dan sal die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was en die gees sal na God terugkeer wat dit gegee het.

8. Waardeloos van waardeloosheid, sê die prediker, dit is alles waardeloos.

9. Meer nog: omdat die prediker wys was, het hy steeds die volk kennis geleer, ja, hy het goed aandag gegee en ondersoek en baie spreuke saamgestel.

10. Die prediker het gesoek om aanvaarbare woorde te vind en hy het die woorde van waarheid opreg geskryf.

Lees volledige hoofstuk Prediker 12