Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 10:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Soos die snykant van ’n wapen stomp mag wees en nie skerp gemaak is nie, maar tog baie mag neerslaan, so is wysheid meer voordelig vir hulle wat hardwerkend is.

11. Die slang sal byt sonder om betower te word en hy wat baie praat is nie beter nie.

12. Die woorde uit die mond van ’n wyse man is aangenaam, maar die lippe van ’n dwaas sal homself vernietig.

13. Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid en die einde van sy praatjie is skadelike gekheid.

14. ’n Dwaas vermenigvuldig woorde. ’n Mens weet nie wat gebeur nie en wat ná hom sal wees, wie kan vir hom vertel?

15. Die harde werk van die dwaas vermoei hom omdat hy nie weet hoe om te koop en te verkoop in die stad nie.

16. Wee jou, o land, as jou koning ’n kind is en as jou prinse in die oggend vroeg eet.

17. Geseënd is jy, o land, as jou koning die seun van ’n edelman is en as jou prinse op die regte tye eet, vir krag en nie vir dronkenskap nie.

18. Deur luiheid sal ’n dak afgebreek word en deur niksdoen van die hande lek die water deur.

19. Brood en wyn word gemaak vir vreugde en olie maak die lewe vrolik, maar geld bring mense ondertoe en laat hulle dwaal in alle dinge.

20. Moenie die koning vloek nie, selfs nie in jou gedagtes nie en moenie die rykes in jou slaapkamer vloek nie, want ’n voël van die lug sal jou stem dra en dit wat vlerke het, sal die saak vertel.

Lees volledige hoofstuk Prediker 10