Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 1:7-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Al die riviere loop in die see, tog is die see nie vol nie; na die plek vanwaar die riviere loop, keer dit terug om weer te loop.

8. Alles is uitputtend, ’n mens word nie tevrede gestel deur te praat nie, sy oog word nie bevredig deur te sien nie en ook nie sy oor deur te hoor nie.

9. Dit wat was, is dit wat sal wees en dit wat gedoen is, is dit wat gedoen sal word en daar is niks nuuts onder die son nie.

10. Wie ook al praat en sê: “Kyk, dit is nuut,” moet weet dat dit reeds was in die geslagte voor ons.

11. Daar is geen nagedagtenis van vorige geslagte nie en daar sal ook nie herinneringe wees van geslagte wat kom by hulle wat daarná kom nie.

12. Ek, die prediker, is koning oor Yisra’el in Yerushalayim.

13. Ek het met my verstand, wil en emosie, met wysheid alles ondersoek wat onder die hemel gedoen word; om daarmee besig te wees is ’n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het.

14. Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word en kyk, dit was alles waardeloos en ’n ergernis van gees.

15. Die chaotiese kan nie ordelik gemaak word nie en hy wat kennis ontbreek, kan nie voorsien word nie.

16. Ek het met myself gepraat en gesê: “Let op, ek het groot geword en meer wysheid bekom as almal wat voor my in Yerushalayim was. Ja, my verstand het baie ondervinding van wysheid en kennis.

17. Ek het my verstand gegee om wysheid, spreuke en insig te ken, maar ek het ook ingesien dat dit ’n ergernis van gees is,

18. want in baie wysheid is baie verdriet en hy wat kennis vermeerder, vermeerder smart.

Lees volledige hoofstuk Prediker 1