Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 1:13-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Ek het met my verstand, wil en emosie, met wysheid alles ondersoek wat onder die hemel gedoen word; om daarmee besig te wees is ’n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het.

14. Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word en kyk, dit was alles waardeloos en ’n ergernis van gees.

15. Die chaotiese kan nie ordelik gemaak word nie en hy wat kennis ontbreek, kan nie voorsien word nie.

16. Ek het met myself gepraat en gesê: “Let op, ek het groot geword en meer wysheid bekom as almal wat voor my in Yerushalayim was. Ja, my verstand het baie ondervinding van wysheid en kennis.

17. Ek het my verstand gegee om wysheid, spreuke en insig te ken, maar ek het ook ingesien dat dit ’n ergernis van gees is,

18. want in baie wysheid is baie verdriet en hy wat kennis vermeerder, vermeerder smart.

Lees volledige hoofstuk Prediker 1