Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 1:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woorde van die prediker, die seun van Dawid, koning in Yerushalayim.

2. Waardeloosheid van waardeloosheid, sê die Prediker, waardeloosheid van waardeloosheid, dit is alles waardeloos!

3. Watter voordeel het die mens van al sy harde werk waarmee hy hom vermoei onder die son?Ps 104:5

4. Een geslag gaan verby en die ander geslag kom, maar die aarde bly vir ewig.

5. Die son kom op en die son gaan onder en haas hom na die plek waar hy opgekom het sodat hy weer daar kan opkom.

6. Die wind waai na die suide en draai om na die noorde, dit draai voortdurend en keer weer terug volgens sy kringloop.

7. Al die riviere loop in die see, tog is die see nie vol nie; na die plek vanwaar die riviere loop, keer dit terug om weer te loop.

Lees volledige hoofstuk Prediker 1