Ou Testament

Nuwe Testament

`Ovadyah 1:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die visioen van `Ovadyah: so sê יהוה-God aangaande Edom: Ons het ’n verslag vanaf die Teenwoordigheid van יהוה gehoor en ’n boodskapper is uitgestuur na die nasies om te sê: “Staan op teen haar in die geveg!”Yir 49:15

2. “Let op, Ek sal jou klein maak onder die nasies; jy word baie verag.

3. Die arrogansie van jou verstand, wil en emosie het jou bedrieg, jy wat in die rotsklowe bly, in die hoogtes en wat in jou gedagtes sê: ‘Wie sal my afbring aarde toe?’

4. Al bou jy so hoog soos die arend, al maak jy jou nes tussen die sterre, Ek sal jou van daar af afbring,” verklaar יהוה.Yir 49:9

5. “As diewe na jou toe kom, as rowers in die nag kom; o, hoe sal jy vernietig word; sou hulle nie steel totdat hulle genoeg het nie? As druiwesnyers na jou toe kom, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?

Lees volledige hoofstuk `Ovadyah 1