Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat in die wildernis van Sinai; in die tweede jaar nadat hulle uit Mitzrayim uitgetrek het, in die eerste maand en gesê:

2. “Laat die seuns van Yisra’el nou die Pesag op sy bepaalde tyd hou.

3. Op die veertiende dag van hierdie maand, tussen die twee sonsondergange, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy reëls en al sy bepalings moet julle dit hou.”

4. Moshe het met die seuns van Yisra’el gepraat dat hulle die Pesag moet hou.

5. Hulle het die Pesag gehou op die veertiende dag van die eerste maand, tussen die twee sonsondergange, in die wildernis van Sinai; net soos יהוה Moshe beveel het, so het die seuns van Yisra’el gedoen.

6. Daar was egter manne wat deur die lyk van ’n mens onrein geword het sodat hulle nie die Pesag op daardie dag kon hou nie en hulle het op daardie dag voor Moshe en Aharon gekom.

7. Daardie manne het vir hom gesê: “Alhoewel ons onrein is deur ’n dooie mens; waarom word ons verhoed om die offer van יהוה op die bepaalde tyd onder die seuns van Yisra’el te offer?”

8. Moshe het vir hulle gesê: “Wag en ek sal hoor wat יהוה aangaande julle beveel.”

9. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

Lees volledige hoofstuk Numeri 9