Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:7-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gershon gegee, volgens hulle dienswerk;

8. vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van M’rari gegee, volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester,

9. maar aan die seuns van K’hat het hy niks gegee nie, want die diens van die afgesonderde dinge het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.2 Sh’m 6:3,6-8,13

10. Die leiers het die inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is en die leiers het hulle offer voor die altaar aangebied.

11. יהוה het vir Moshe gesê: “Hulle moet hulle offers bring, een leier elke dag, vir die inwyding van die altaar.

12. Hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagshon, die seun van `Amminadav, van die stam van Y’hudah.

13. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

14. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

15. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

16. een bokram, as sondoffer

17. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Nagshon, die seun van `Amminadav.

18. Op die tweede dag het N’tan’el, die seun van Tzu’ar, die leier van Yissakhar, sy offer aangebied.

19. Vir sy offer het hy geoffer: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

20. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

21. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

22. een bokram as sondoffer

23. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van N’tan’el, die seun van Tzu’ar.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7