Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:49-66 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

49. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

50. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

51. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

52. een bokram as sondoffer

53. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Elishama, die seun van `Ammihud.

54. Op die agtste dag het Gamli’el, die seun van P’dahtzur, die leier van die seuns van M’nasheh ’n offer aangebied.

55. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

56. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

57. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

58. een bokram as sondoffer

59. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Gamli’el, die seun van P’dahtzur.

60. Op die negende dag het Avidan, die seun van Gid’oni, die leier van die seuns van Binyamin ’n offer aangebied.

61. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

62. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

63. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

64. een bokram as sondoffer

65. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Avidan, die seun van Gid’oni.

66. Op die tiende dag het Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai, die leier van die seuns van Dan ’n offer aangebied.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7