Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:30-45 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Op die vierde dag het Elitzur, die seun van Sh’de’ur, die leier van die seuns van Re’uven ’n offer aangebied.

31. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

32. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

33. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

34. een bokram as sondoffer

35. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Elitzur, die seun van Sh’de’ur.

36. Op die vyfde dag het Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai, die leier van die seuns van Shim’on ’n offer aangebied.

37. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

38. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

39. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

40. een bokram as sondoffer

41. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai.

42. Op die sesde dag het Elyasaf, die seun van Re’u’el, die leier van die seuns van Gad ’n offer aangebied.

43. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

44. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

45. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

Lees volledige hoofstuk Numeri 7