Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:20-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

21. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

22. een bokram as sondoffer

23. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van N’tan’el, die seun van Tzu’ar.

24. Op die derde dag het Eli’av, die seun van Helon, die leier van die seuns van Z’vulun ’n offer aangebied.

25. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

26. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

27. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

28. een bokram as sondoffer

29. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Eli’av, die seun van Helon.

30. Op die vierde dag het Elitzur, die seun van Sh’de’ur, die leier van die seuns van Re’uven ’n offer aangebied.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7