Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:11-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. יהוה het vir Moshe gesê: “Hulle moet hulle offers bring, een leier elke dag, vir die inwyding van die altaar.

12. Hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagshon, die seun van `Amminadav, van die stam van Y’hudah.

13. Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;

14. een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;

15. een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;

16. een bokram, as sondoffer

17. en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Nagshon, die seun van `Amminadav.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7