Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 6:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy sal homself nie onrein maak vir die dood van sy vader of sy moeder, sy broer of sy suster nie, want sy toewyding tot God is op sy kop.

8. Al die dae van sy afsondering is hy afgesonderd tot יהוה.

9. As iemand heeltemal onverwags naby hom sterf sodat hy sy toegewyde kop met hare verontreinig, moet hy op die dag van sy reiniging sy kop skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer

10. en op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester, na die ingang van die Tent van Ontmoeting, bring.

11. Die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer offer en vir hom toedekking doen vir wat hy as gevolg van die dooie gesondig het en hy moet sy kop op dieselfde dag afsonder.

12. Hy moet sy dae as Nazir aan יהוה toewy en ’n lam in sy eerste jaar as oortredingsoffer bring en die vorige dae is verlore omdat sy afsondering onrein gemaak is.

13. Dit is die wet van die Nazir: wanneer die dae van sy afsonderingskap voltooi is, moet hy na die ingang van die Tent van Ontmoeting gebring word

Lees volledige hoofstuk Numeri 6